Aanbouings
Die Wet op Deeltitels, Wet 95 van 1986 skryf voor dat by uitbreiding van dele, daar ‘n spesiale besluit van lede moet wees (75 % skriftelike aanvaarding in waarde en getal van eienaars). ‘n Landmeter of argitek moet dan ‘n konsepdeelplan van die uitbreiding van die deel, vir goedkeuring aan die Landmeter-generaal voorlê. Hy moet dan bevestig dat dit ooreenkomstig goedgekeurde bouplanne gedoen is. Dis belangrik om te verstaan dat daar van twee soorte planne gepraat word, asook die skedule wat die deelnemingskwotas van die onderskeie eenhede uiteensit. As een deel se grootte verander, verander al die deelnemingskwotas. Dit beteken o.a. dat almal se heffingsbedrae verander omdat die verhouding verander.
Waarop voorgaande dus neerkom, is dat die trustees nie by magte is om aan u goedkeuring te verleen nie en dat die prosesse soos genoem gevolg moet word.

Print this Page