Verantwoordelikhede


Volgens die Wet op Deeltitels, Wet 95 van 1986 (Art 44(1)(c)), is die eienaar verantwoordelik vir die herstel en goeie toestand van sy deel, waarvan die grense geag word die middellyn van die buitenste mure, vloer, of plafon, of die middellyn van die mure tussen dele te wees. (deel II, klousule 5(5)(a) en (b)). Wat die warmwatertoestel betref, het Aanh 8 klousule 68 (vii) betrekking en bepaal die Wet dat dit die verantwoordelikheid van die eienaar is, selfs al is die toestel aan die buitekant van die eenheid.

In sommige gevalle kan daar sprake van ‘n versekeringseis wees, soos waar ‘n geyser bars, maar nie termostaat-, element- of ander herstelwerk nie. In sulke gevalle moet Jotam direk gekontak word vir die nodige inligting en die voltooiing van die eis. ‘n Bybetaling is in sulke gevalle van toepassing en is vir die rekening van die eienaar. Die versekering dek ook skade soos matte, plafonne, ens., wat a.g.v. ‘n insident beskadig word, maar nooit enige instandhouding, bouersdefekte, of insakskade nie.

Die instandhouding van die dak, buitemure, fondament, vensterrame buite, ens. is die verantwoordelikheid van die regspersoon en moet uit die fondse van die regspersoon betaal word. Vir hierdie doel kan ‘n spesiale heffing deur die trustees gehef word.

Waar skade herstel moet word, wat strek vanaf die gemeenskaplike eiendom tot die binnekant van die eenheid, bv. voordeure, ens., is ‘n goeie beleid dat die helfte van die koste deur die regspersoon en die ander helfte deur die eienaar gedra moet word. In so ‘n geval sal die regspersoon die projek bestuur, maar besonderhede van kwotasies sal eers aan eienaars voorgehou word.


Home
Services
Sectional
Home Owners Association
Property Management
Electicity Management
Forms and Information
Letting
Links and Interesting Topics
Contact Us